Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!
'N EIE BLOEMLESING

Hierdie boek is 'n versameling van stukkies uitgesoek uit 'n agtjarige ophoping van wat onder die naam Aan Stille Waters week vir week in Die Burger verskyn het. Die skrywer was self die uitsoeker. Die leser sou anders uitgesoek het - en elke ander leser weer anders. En die skrywer self ook op ander tye en onder ander buie anders. Maar tog oor die algemeen is die keuse seker verteënwoordigend van die bont gehalte van die geheel. En nou, nadat ek klaar gesif het moet die leser tog maar vir homself oorsif. As hy dan uit elke honderd stukkies tien kry wat hom bevredig, sal hy beter vaar as wat ek nog die geluk getref het om te vaar met bloemlesings waar die bronne om van uit te soek meerderlei was en die uitsoekers meerderwaardig.

Geen resensie word gevra nie.
C. J. L.