DIE
HEIDELBERGSE KATEGISMUS OF ONDERWYSING IN DIE
CHRISTELIKE LEER
Die Tweede Deel: Die verlossing
van die mens (Sondag 5-31)
12 Vraag: Aan.csien ons
volgens die regverdige oordeel van God die tydelike
en ewige straf verdien het, hoe kan ons van hierdie
straf bevry en weer in genade aangeneem word?
Antwoord: God wil dat daar
aan sy geregtigheid voldoen word (a). Daarom moet ons
òf deur onsself òf deur n ander ten volle
betaal (b).
(a) Gen 2:27; Eks 23:7;
Eseg 18:4; Matt 5:26; 2 Tess 1:6; Luk
16:2. (b) Rom 8:4.
13 Vraag: Kan ons deur
onsself betaal?
Antwoord: Nee, glad nie; ons
maak juis ons skuld elke dag nog groter (a).
(a) Job 9:2; 15:15,16;
4:18,19; Ps 130:3; Matt 6:12; 18:25;
16:26.
14 Vraag: Kan enige ander
skepsel vir ons betaal?
Antwoord: Nee, want eerstens
wil God aan geen ander skepsel die skuld straf wat
die mens gemaak het nie (a). Tweedens kan geen gewone
skepsel die las van die ewige toorn van God teen die
sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie (b).
(a) Eseg 18:4; Gen 3:17.
(b) Nah 1:6-; Ps 130:3.
15 Vraag: Hoe n
middelaar en verlosser moet ons dan soek?
Antwoord: So een wat n
ware (a) en regverdige (b) mens is, maar nogtans ook
sterker as alle skepsels is, dit wil sê wat
terselfdertyd ware God is (c).
(a) 1 Kor 15:21. (b)
Heb 7:26. (c) Jes 7:14; 9:5; Jer 23:6;
Luk 11:22.
16 Vraag: Waarom moet hy
n ware en regverdige mens wees?
Antwoord: Omdat die
geregtigheid van God eis dat die menslike natuur wat
gesondig het, vir die sonde moet betaal (a). Maar die
mens wat self sondaar is, kan nie vir ander betaal
nie (b).
(a) Eseg 18:4,20; Rom
5:18; 1 Kor 15:21; Heb 2:14-16. (b)
Heb 7:26,27; Ps 49:8; 1 Pet 3:18.
17 Vraag: Waarom moet hy
terselfdertyd ware God wees?
Antwoord: Om deur die krag
van sy Godheid (a) die las van die toorn van God (b)
in sy mensheid te kon dra (c) en vir ons die
geregtigheid en die lewe te kan verwerf en teruggee (d).
(a) Jes 9:5; 63:3. (b)
Deut 4:24; Nah 1:6; Ps 130:3. (c) Jes
53:4,11. (d) Jes 53:5,11.
18 Vraag: Wie is hierdie
Middelaar wat terselfdertyd ware God (a) en ware (b)
regverdige mens is (c)?
Antwoord: Ons Here jesus
Christus (d), wat God vir ons tot wysheid,
geregtigheid, heiligmaking en volkome verlossing
gegee het (e).
(a) 1 Joh 5:20; Rom 9:5;
8:3; Gal 4:4; Jes 9:6; Jer 23:6; Mal
3:1. (b) Luk 1:42; 2:6,7; Rom 1:3; 9:5;
Fil 2:7; Heb 2:14,16,17; 4:15. (c)
Jes 53:9,11; Jer 23:5; Luk 1:35; Joh
8:46; Heb 4:15; 7:26; 1 Pet 1:19; 2:22;
3:18. (d) 1 Tim 2:5; Matt 1:23; 1 Tim
3:16; Luk 2:1 l; Heb 2:9. (e) 1 Kor 1:30.
19 Vraag: Waaruit weet jy
dit?
Antwoord: Uit die heilige
evangelie, wat God self aanvanklik in die paradys
bekend gemaak het (a). Daarna het Hy dit deur die
heilige aartsvaders (b) en profete (c) laat verkondig
en deur die offers en ander seremonies van die wet
laat uitbeeld (d). Eindelik het Hy dit deur sy
eniggebore Seun vervul (e).
(a) Gen 3:15. (b) Gen
22:18; 12:33-49:10. (c) Jes 53; 42:1-4;
43:25; 49:5,6,22,23; Jer 23:5,6, 31:32,33;
32:39-41; Mig 7:18-20; Hand 10:43; 3:22-24;
Rom 1:2; Heb 1:1. (d) Heb 10:1,7; Kol
2:7; Joh 5:46.(e) Rom 10:4; Gal 4:4;
3:24; Kol 2:17.
20 Vraag: Word al die mense
dan weer deur Christus salig soos hulle deur Adam
verlore gegaan het?
Antwoord: Nee (a), maar
slegs dié wat deur n ware geloof in Hom
ingelyf word en al sy weldade aanneem (b).
(a) Matt 7:14. 22:14.
(b) Mark 16:16 Joh 1:123:16,18,36;
Jes 53:11; Ps 2:12; Rom 11:20. 3:22;
Heb 4:3; 5:9; 10:39; 11:6.
21 Vraag: Wat is n
ware geloof?
Antwoord: n Ware
geloof is nie alleen n vasstaande kennis
waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons
geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook
n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c)
deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat
God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit
loutere genade, slegs op grond van die verdienste van
Christus (e), vergewing van sondes, ewige
geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.
(a) Jak 2:19. (b) Heb
11:1,7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12;
Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt
16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8;
Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16;
10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14.
(e) Ef 2:8; Rom 3:24. 5:19; Luk 1:77,78.
(f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10,38;
Gal 2:16.
22 Vraag: Wat moet n
Christen glo?
Antwoord: Alles wat in die
evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels
van ons algemene en ongetwyfelde Christelike geloof
ons in hoofsaak leer. (a) Joh 20:31; Matt 28:19; Mark
1:15.
23 Vraag: Hoe lui die
artikels?
Antwoord: (1) Ek glo in God
die Vader, die Almagtige, die Skepper van die hemel
en die aarde. (2) En in Jesus Christus, sy eniggebore
Seun, ons Here; (3) wat ontvang is van die Heilige
Gees, gebore uit die maagd Maria; (4) wat gely het
onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en
begrawe is en ter helle neergedaal het; (5) wat op
die derde dag weer opgestaan het uit die dode; (6)
wat opgevaar het na die hemel en sit aan die
regterhand van God, die almagtige Vader, (7) van waar
Hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat
reeds gesterf het. (8) Ek glo in die Heilige Gees. (9)
Ek glo aan n heilige, algemene, Christelike
kerk, die gemeenskap van die heiliges; (10) die
vergewing van sondes; (1 1) die opstanding van die
vlees (12) en n ewige lewe.
24 Vraag: Hoe word hierdie
artikels ingedeel?
Antwoord: In drie dele: die
eerste handel oor God die Vader en ons skepping; die
tweede oor God die Scu en ons verlossing; die derde
oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking.
25 Vraag: Terwyl daar maar
tog net een, enige Goddelike Wese is, waarom praat jy
van drie, naamlik die Vader, Seun en Heilige Gees (a)?
Antwoord: Omdat God Hom so
in sy Woord geopenbaar het (b) dat hierdie drie
onderskeie Persone die enige, ware en ewige God is.
(a) Deut 6:4; Ef 4:6;
Jes 44:6; 45:5; 1 Kor 8:4,6. (b) Jes
61:1; Luk 4:18; Gen 1:2,3; Ps 33:6;
Jes 48:16; Matt 3:16,17-, 28:19; 1
Joh 5:7; Jes 6:1,3; joh 14:26; 15:26;
2 Kor 13:13; Gal 4:6; Ef 2:18; Tit 3:5,6.
God die Vader en ons skepping (Sondag
9-10)
26 Vraag: Wat glo jy as jy sê:
Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper
van die hemel en die aarde?
Antwoord: Ek glo dat die
ewige Vader van ons Here Jesus Christus wat die hemel
en aarde met alles wat daarin is, uit niks geskep het
(a) en deur sy ewige raad en voorsienigheid nog
onderhou en regeer (b), ter wille van sy Seun
Christus my God en Vader is.(c) Op Hom vertrou ek so
dat ek nie daaraan twyfel dat Hy my, met alles wat
vir liggaam en siel nodig is sal versorg nie (d). Hy
sal ook al die kwaad wat Hy hierdie jammerdal oor my
beskik, tot my beswil verander (e), omdat Hy dit as
n almagtige God kan (f) en ook as n
getroue Vader wil doen (g).
(a) Gen 1 en 2; Eks 20:1
l; Job 33:4,38,39; Hand 4:2;14:15; Ps
33:6; Jes 45:7. (b) Heb 1:3; Ps 104:27-30;
115:3; Matt 10:29- Ef 1:11. (c) Joh 1:12;
Rom 8:15; Gal 4:5-7; Ef 1:5.'(d) Ps
55:23; Matt 6:25,26; Luk 12:22. (e)
Rom 8:28. (f) Jes 46:4; Rom 10:12. (g)
Matt 6:32,33; 7:9-1 1.
27 Vraag: Wat verstaan jy
onder die voorsienigheid van God?
Antwoord: Die almagtige en
oral teenwoordige krag (a), waardeur Hy hemel en
aarde en al die skepsels asof met sy hand nog
onderhou en so regeer (b) dat lower en gras, reën en
droogte (c), vrugbare en onvrugbare jare, voedsel en
drank, gesondheid en siekte (d), rykdom en armoede (e)
en alles, ons nie per toeval nie, maar uit sy
Vaderhand toekom (f).
(a) Hand 17:25-28; Jer
23:23,24; Jes 29:15,16; Eseg 8:12. (b)
Heb 1:3. (c) Jer 5:24; Hand 14:17. (d)
Joh 9:3. (e) Spr 22:2. (f) Matt 10:29;
Spr 16:33.
28 Vraag: Wat baat dit ons
dat ons weet dat God alles geskep het en dit nog deur
sy voorsienigheid onderhou?
Antwoord: Dat ons in alle teëspoed
geduldig (a) en in voorspoed dankbaar (b) kan wees.
Verder dat ons ook vir die toekoms n vaste
vertroue in ons getroue God en Vader (c) kan stel dat
geen skepsel ons van sy liefde sal skei nie (d),
aangesien alle skepsels só in sy hand is dat hulle
sonder sy wil nie kan roer of beweeg nie (e).
(a) Rom 5:3; Jak 1:3;
Ps 39:10; Job 1:21,22. (b) 1 Tess 5:18;
Deut 8:10. (c) Ps 55:23; Rom 5:4. (d)
Rom 8:38,39. (e) Job 1:12; 2:6; Spr
21:1; Hand 17:25.
God die Seun en ons verlossing (Sondag
1 1 - 1 9)
29 Vraag: Waarom word die
Seun van God genoem: Jesus, wat Verlosser
beteken?
Antwoord: Omdat Hy ons van
al ons sondes verlos (a), en by niemand anders enige
saligheid te soek of te kry is nie (b).
(a) Matt 1:21; Heb 7:25.
(b) Hand 4:12; Joh 15:4,5; 1 Tim 2:5;
Jes 43:11; 1 Joh 5:11.
30 Vraag: Glo diê mense wat
hulle saligheid en heil by die heiliges, by hulleself
of iewers anders soek, ook in die enigste Verlosser,
Jesus?
Antwoord: Nee, maar hulle
verloën met die daad die enigste Verlosser as
Heiland, Jesus, alhoewel hulle met die mond in Hom
roem (a). Slegs een van twee dinge is immers moontlik:
òf Jesus is nie n volkome Verlosser nie, òf
dié wat hierdie Verlosser met n ware geloof
aanneem, het in Hom alles wat vir hulle saligheid
nodig is (b).
(a) 1 Kor 1:13,30,31;
Gal 5:4. (b) Heb 12:2; Jes 9:6; Kol 1:19,20;
2:10; 1 Joh 1:7.
31 Vraag: Waarom word Hy Christus,
wat Gesalfde beteken, genoem?
Antwoord: Omdat Hy deur God
die Vader bestem en aangestel en met die Heilige Gees
gesalf is (a) tot ons hoogste Profeet en Leraar (b),
wat aan ons die verborge raad en wil van God
aangaande ons verlossing ten volle bekend gemaak het
(c); tot ons enigste Hoëpriester (d), wat ons met
die enige offer van sy liggaam verlos het (e) en met
sy voorbidding gedurigdeur by die Vader vir ons
intree (f); tot ons ewige Koning, wat ons met sy
Woord en Gees regeer en ons by die verlossing wat
verwerf is, beskerm en bewaar (g).
(a) Ps 45:8; Heb 1:9;
Jes 61:1- Luk 4:18. (b) Deut 18:15;
Hand 3:22; 7:37; Jes 55:4. (c) Joh 1:18.
15:15. (d) Ps 110:4. (e) Heb 10:12,14;
9:12,14,28. (f) Rom 8:34; Heb 9:24. 1
Joh 2:1; Rom 5:9,10. (g) Ps 2:6; Sag
9:9; Matt 21:5; Luk 1:33; Matt 28:18;
Joh 10:28; Op 12:10,11.
32 Vraag: Waarom word jy
n Christen genoem (a)?
Antwoord: Omdat ek deur die
geloof in lid van Christus is (b) en daardeur deel
aan sy salwing het (c) sodat ek sy Naam kan bely (d),
myself as n lewende dankoffer aan Hom kan toewy
(e) en in hierdie lewe met n vrye gewete teen
die sonde en die duiwel kan stry (f) en hierna met
Christus in ewigheid oor alle skepsels kan regeer (g).
(a) Hand 11:26. (b) 1
Kor 6:15. (c) 1 Joh 2:27; Hand 2:17.
(d) Matt 10:32; Rom 10:10. (e) Rom 12:1-
1 Pet 2:5,9; Op 1:6; 5:8,10. (f) 1
Pet 2:11- Rom 6:12,13-, Gal 5:16,17;
Ef 6:1 1 3 1 Tim 1: 18,19. (g) 2 Tim
2:12; Matt 25:34.
33 Vraag: Waarom word
Christus die eniggebore Seun van God genoem
terwyl ons tog ook kinders van God is?
Antwoord: Omdat alleen
Christus die ewige natuurlike Seun van God is (a),
terwyl ons om sy ontwil uit genade tot kinders van
God aangeneem is (b).
(a) Joh 1: 14; Heb 1: 1,2; Joh 3:16;
1 Joh 4:9; Rom 8:32. (b) Rom 8:16; Joh 1: 12; Gal 4:6;
Ef 1: 5,6.
34 Vraag: Waarom noem jy Hom
ons Here?
Antwoord: Omdat Hy ons na
liggaam en siel van die sondes en uit alle heerskappy
van die duiwel nie met goud of silwer nie maar met sy
kosbare bloed tot sy eiendom verlos en vrygekoop het
(a).
(a) 1 Pet 1: 18,19; 2:9;
1 Kor 6:20; 1 Tim 2:6; Joh 20:28.
35 Vraag: Wat beteken: wat
ontvang is van die Heiligê Gees, gebore is uit die
maagd Maria?
Antwoord: Dat die ewige Seun
van God, wat ware en ewige God is (a) en bly (b), die
ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die
maagd Maria (c) deur die werking van die Heilige Gees
aangeneem het (d). So is Hy tegelykertyd die ware
nakomeling van Dawid (e), in alles aan sy broers
gelyk (f), behalwe die sonde (g).
(a) 1 Joh 5:20; Joh 1:1;
17:3; Rom 1:3; Kol 1:15. (b) Rom 9:5.
(c) Gal 4:4; Luk 1:31,42,43. (d) Matt
1:20; Luk 1:35. (e) Rom 1:3; Ps 132:11;
2 Sam 7:12; Luk 1:32- Hand 2:30. (f)
Fil 2:7; Heb 2:14,17. (g) Heb 4:15.
36 Vraag: Watter nut verkry
jy uit die heilige ontvangenis en geboorte van
Christus?
Antwoord: Dat Hy ons
Middelaar is (a), en met sy onskuld en volkome
heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is,
voor God bedek (b).
(a) Heb 7:26,27. (b) 1
Pet 1:18,19; 3:18- 1 Kor 1:30,31; Rom
8:3,4. Jes 53:11; Ps 32:1.1
37 Vraag: Wat verstaan jy
onder die woordjie: gely?
Antwoord: Dat Christus na
liggaam en siel tydens sy hele lewe op aarde, maar
veral aan die einde daarvan, die toorn van God teen
die sonde van die hele menslike geslag gedra het (a).
So het Hy met sy lyding as die enigste
versoeningsoffer (b) ons ligga en siel van die ewige
verdoemenis verlos (c) en vir ons die genade van God,
die geregtigheid en die ewige lewe verwerf (d).
(a) Jes 53:4. 1 Pet 2:24-,
3:18; 1 Tim 2:6. (b) Jes 53:10; Ef 5:2;
1 Kor 5:7- 1 Joh 2:2; Rom 3:25; He 9:28;
10:14. (c) Gal 3:13; Kol 1:13; Heb 9:12;
1 Pe 1:18,19. (d) Rom 3:25; 2 Kor 5:21;
Joh 3:16; 6:51; Heb 9:15; 10:19.
38 Vraag: Waarom het Hy
onder die regter Pontius Pilatus gely?
Antwoord: Sodat Hy onskuldig
deur die wêreldlike regter veroordeel sou word (a)
en ons daardeur so bevry van die streng oordeel van
God wat oor ons moes kom (b).
(a) Joh 18:38; Matt 27:24;
Luk 23:14,15; Joh 19:4. (b) Ps 69:5;
Jes 53:4,5; 2 Kor 5:21; Gal 3:13.
39 Vraag: Sit daar iets meer
in dat Christus juis gekruisig is en nie op
n ander manier gesterf het nie?
Antwoord: Ja, want daardeur
is ek seker dat Hy die vervloeking wat op my gerus
het, op Hom geneem het (a), omdat die kruisdood deur
God vervloek is.
(a) Gal 3:13. (b) Deut
21:23.
40 Vraag: Waarom was dit
noodsaaklik dat Christ Hom tot in die dood toe
verneder het?
Antwoord: Weens die
geregtigheid en waarheid van God (a) kon nie anders
as deur die dood van die Seun van God vir ons sondes
betaal word nie (b).
(a) Gen 2:17. (b) Rom
8:3,4; Heb 2:14,15.
41 Vraag: Waarom is Hy begrawe?
Antwoord: Om daarmee die
versekering te gee dat werklik gesterf het (a).
(a) Iland-13:29; Matt
27:59,60; Luk 23:53; Joh 19:
42 Vraag: As Christus dan
vir ons gesterf het, waarom moet ons ook nog sterwe?
Antwoord: Ons dood is nie
n betaling vir ons sondes nie (a), maar slegs
n afsterwe van die sondes en n deurgang
tot die ewige iewe (b).
(a) Mark 8:37; Ps 49:8.
(b) Fil 1:23; Joh 5:24; Rom 7:24.
43 Vraag: Watter nut verkry
ons nog verder uit die offer en dood van Christus aan
die kruis?
Antwoord: Deur sv krag word
ons ou mens saam met Hom gekruisig, gedood en begrawe
(a). Gevolglik kan ons sondige begeertes nie meer oor
ons heers nie, (b) maar kan ons onsself as n
dankoffer aan Hom toewy (c).
(a) Rom 6:6. (b) Rom 6:6,12.
(c) Rom 12:1.
44 Vraag: Waarom volg daar: wat
ter helle neergedaal het?
Antwoord: Sodat ek in my
swaarste aanvegtinge verseker kan wees en myself
volkome kan vertroos dat my Here Jesus Christus my
van die hel se benoudheid en pyn verlos het (a).
Hierdie verlossing het Hy bewerk deur sy
onuitspreeklike angs, smarte en verskrikking (b) wat
Hy ook aan sy siel deur sy hele lewe, maar veral aan
die kruis gely het.
(a) Jes 53:5. (b) Ps
18:5,6; 116:3.- Matt 26:38; 27:46;
Heb 5:7.
45 Vraag: Watter nut het die
opstanding van Christus vir ons?
Antwoord: Eerstens het Hy
deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die
geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het,
deelagtig kon maak (a). Tweedens word ons nou ook
deur sy krag tot n nuwe lewe opgewek (b).
Derdens is die opstanding van Christus vir ons n
betroubare waarborg van ons salige opstanding (c).
(a) Rom 4:25; 1 Pet 1:3;
1 Kor 15:16. (b) Rom 6:4; Kol 3:1,5,
Ef 2:5,6. (c) 1 Kor 15:20,21.
46 Vraag: Wat verstaan jy
onder: wat opgevaar het die hemel?
Antwoord: Christus is voor
die oë van sy dissipels v die aarde af na die hemel
opgeneem (a) en Hy is vir ons daar ten goede (b)
totdat Hy terugkom om reg spreek oor die lewendes en
die wat alreeds gesterf het.
(a) Hand 1:9; Mark 16:19;
Luk 24:51. (b) Heb 9:24 4:14; Rom 8:34;
Kol 3: 1. (c) Hand 1: 1 l; Matt 24:30
47 Vraag: Is Christus dan
nie by ons tot die einde die wêreld soos Hy ons
beloof het nie (a)?
Antwoord: Christus is ware
mens en ware God. Wat menslike natuur betref, is Hy
nie meer op aarde nie (b), maar wat sy Godheid,
majesteit, genade en Gee betref, gaan Hy nooit meer
van ons af weg nie (c).
(a) Matt 28:20. (b)
Heb 8:4; Matt 26:1 1 -, Joh 16:28; 17:1
l; Hand 3:2 1. (c) Joh 14:18; Matt 28:20.
48 Vraag: Maar as die
mensheid nie oral is waar die Godheid is nie, word
die twee nature in Christus dan nie van mekaar geskei
nie?
Antwoord: Nee, glad nie. Die
Godheid kan immers deur niks ingeperk word nie en is
orals teenwoordig (a). Hieruit moet volg dat die
Godheid wel buite sy aangenome mensheid (b) is, maar
tog ook daarin is persoonlik daarmee verenig bly.
(a) Jer 23:24; Hand 7:49.
(b) Kol 2:9; Joh 3:13; 1 1: Matt 28:6.
49 Vraag: Watter nut het die
hemelvaart van Christ vir ons?
Antwoord: Eerstens dat Hy in
die hemel ons Voorspr by die Vader is (a). Tweedens
dat ons ons menslike natuur in die hemel as n
betroubare waarborg het day Hy, as die Hoof, ook ons,
sy lede, na Hom toe sal neem (b). Derdens dat Hy sy
Gees as waarborg na toe stuur (c) deur wie se krag
ons soek na wat daar is, waar Christus is en aan die
regterhand van God en nie na wat op die aarde is nie
(d).
(a) 1 Joh 2:1; Rom 8:34.
(b) Joh 14:23; 17:24; 20:17;
Ef 2:6. (c) Joh 14:16; 16:7; Hand 2:33;
2 Kor 1:22; 5:5. (d) Kol 3: 1.
50 Vraag: Waarom word daar
bygevoeg: en sit aan die regterhand van God?
Antwoord: Christus het na
die hemel opgevaar sodat Hy Homself daar as die Hoof
van sy Christelike kerk (a) kan betoon deur wie die
Vader alles regeer (b).
(a) Ef 1:20-23; Kol 1:18.
(b) Matt 28:18; Joh 5:22.
51 Vraag: Watter nut bring
hierdie heerlikheid van ons Hoof Christus vir ons?
Antwoord: Eerstens dat Hy
deur sy Heilige Gees die hemelse gawes in ons, sy
lede, uitstort (a). Tweedens dat Hy ons met sy mag
teen alle vyande beskerm en bewaar (b).
(a) Hand 2:33; Ef 4:8.
(b) Ps 2:9; 110:1,2; Joh 10:28; Ef 4:8.
52 Vraag: Hoe word jy
getroos deur die wederkoms van Christus om
te oordeel dié wat nog lewe en diê wat reeds
gesterf het?
Antwoord: Dat ek in alle
droefheid en vervolging dieselfde Persoon met
gespanne verwagting as Regter uit die hemel verwag (a)
wat Hom tevore in my plek voor die regbank van God
gestel en alle vervloeking van my weggeneem het.
Verder: dat Hy al sy en my vyande in die ewige
verdoemenis sal werp (b), maar my, saam met al die
uitverkorenes, na Hom in die hemelse blydskap en
heerlikheid safneem (c).
(a) Fil 3:20; Luk 21:28;
Rom 8:23; Tit 2:13; 1 Tess 4:16. (b)
Matt 25:41; 2 Tess 1:6. (c) Matt 25:34;
2 Tess 1:7.
God die Heilige Gees en ons
heiligmaking (Sondag 20-24)
53 Vraag: Wat glo jy van die
Heilige Gees?
Antwoord: Eerstens is Hy
saam met die Vader en die Seun ware en ewige God (a).
Tweedens is Hy ook aan my gegee (b) sodat Hy my deur
n ware geloof deel laat kry aan Christus en al
sy weldade, (c) my troos (d) en ewig by my bly (e).
(a) 1 Joh 5:7; Gen 1:2;
Jes 48:16; 1 Kor 3:16; 6:19; Hand 5:3,4.
(b) Gal 4:6; Matt 28:19,20; 2 Kor 1:22;
Ef 1:13. (c) Gal 3:14; 1 Pet 1:2.- 1
Kor 6:17. (d) Joh 15:26. Hand 9:31. (e)
Joh 14:16; 1 Pet 4:14.
54 Vraag: Wat glo jy van die
heilige, algemene, Christelike kerk?
Antwoord: Dat die Seun van
God (a) uit die hele menslike geslag (b) vir Hom
n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is
(c), deur sy Gees en Woord (d) in die eenheid van die
ware geloof (e) van die begin van die wêreld af tot
die einde toe (f) vergader, beskerm en onderhou (g)
en dat ek daarvan n lewende lid is (h) en ewig
sal bly (i).
(a) Ef 5:26; Joh 1 0:
1 l; Hand 20:28; Ef 4:11-13. (b) Gen
26:4- Op 5:9. (c) Rom 8:29- Ef 1:10-13.
(d) Jes 59:21; Rom 1:16; 10:14-17; Ef
5':26. (e) Hand 2:42; Ef 4:3-5. (f)
Ps 71:17,18; Jes 59:21; 1 Kor 11:26.
(g) Matt 16:18,- joh 10:28-30; Ps 129:1-5.
(h) 1 Joh 3:14,19-21; 2 Kor 13:5; Rom
8:10. (i) Ps 23:6; 1 Kor 1:8,9; Joh
10:28; 1 Joh 2:19; 1 Pet 1:5.
55 Vraag: Wat verstaan jy
onder die gemeenskap van die heiliges?
Antwoord: Eerstens dat die
gelowiges, almal saam en elkeen afsonderlik, as lede
met die Here Christus gemeenskap en aan al sy skatte
en gawes deel het (a). Tweedens dat elkeen verplig is
om sy gawes gewillig en met vreugde tot nut en
saligheid van die ander lede aan te wend (b).
(a) 1 Joh 1:3; Rom 8:32-
1 Kor 12:12,13; 1 Kor 6:17. (b) 1 Kor
12:21; 13:1,5;'Fil 2:4-8.
56 Vraag: Wat glo jy van die
vergewing van die sondes?
Antwoord: Dat God, op grond
van die voldoening van Christus, aan al my sondes en
ook my sondige aard waarteen ek my lewe lank moet
stry nooit meer (a), wil dink nie. Uit genade wil Hy
aan my die geregtigheid van Christus skenk (b) sodat
ek nooit in die strafgerig van God sal kom nie (c).
(a) 1 Joh 2:2; 1:7; 2
Kor 5:19. (b) Rom 7:23-25; Jer 31:34;
Miga 7:19. Ps 103:3,10,12. (c) joh 3:18;
5:24.
57 Vraag: Watter troos gee
die opstanding van die vlees aan jou?
Antwoord: Dat nie alleen my
siel ná hierdie lewe dadelik tot Christus, sy Hoof,
opgeneem sal word nie (a), maar ook hierdie selfde
liggaam van my, deur die krag van Christus opgewek,
weer met my siel verenig en aan die heerlike liggaam
van Christus gelykvormig sal word (b).
(a) Luk 16:22; 23:43-3
Fil 1:21,23. (b) Job 19:25,26; 1 Joh
3:2. Fil 3:21.
58 Vraag: Watter troos skep
jy uit die artikel van die ewige lewe?
Antwoord: Dat, aangesien ek
nou alreeds die begin van die ewige vreugde in my
hart ervaar (a), ek ná hierdie lewe volkome
saligheid sal besit - n saligheid wat geen oog
gesien, geen oor gehoor en in die hart van geen mens
ooit opgekom het nie - om God daarin ewig te prys (b).
(a) 2 Kor 5:2,3. (b) 1
Kor 2:9.
59 Vraag: Maar wat baat dit
jou nou dat jy dit alles glo?
Antwoord: Dat ek in Christus
voor God geregverdig en n erfgenaam van die
ewige lewe is (a).
(a) Hab 2:4; Rom 1: 17;
Joh 3:36.
60 Vraag: Hoe is jy
regverdig voor God?
Antwoord: Slegs deur n
ware geloof in Jesus Christus (a); só dat al kla my
gewete my aan dat ek teen al die gebooie van God
swaar gesondig het en nie een daarvan gehou het nie (b)
en dat ek nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig is (c),
God nogtans (d) aan my sonder enige verdienste van my
kant (e), uit louter genade (f) die volkome
genoegdoening (g), geregtigheid en heiligheid van
Christus skenk (h). reken Hy my toe asof ek nooit
sonde gehad of gedo het nie, asof ek self al die
gehoorsaamheid volbring het wat Christus vir my
volbring het (i). Aan hierdie weldaad het ek deel vir
sover ek dit met n gelowige hart (j) aanneem.
(a) Rom 3:21,22,24; 5:1,2;
Gal 2:16; Ef 2:8,9; Fil 3: (b) Rom 3:9.
(c) Rom 7:23. (d) Rom 4:4; 2 Kor 5:1
(e) Tit 3:5; Deut 9:6; Eseg 36:22. (f)
Rom 3:24; Ef 2:8. (g) 1 Joh 2:2. (h)
1 Joh 2:1. (i) 2 Kor 5:21. (j) Rom 3:22;
Joh 3:18.
61 Vraag: Waarom sê jy dat
jy slegs deur die geloof regverdig is?
Antwoord: Nie dat ek op
grond van die waarde van geloof vir God aanneemlik is
nie, maar omdat slegs die genoegdoening, geregtigheid
en heiligheid van Christus my geregtigheid voor God
is (a). En dit kan ek nie anders as slegs deur die
geloof aanneem en m cie maak nie (b).
(a) 1 Kor 1:30; 2:2. (b)
1 Joh 5:10.
62 Vraag: Maar waarom kan
ons goeie werke nie di geregtigheid voor God of
n deel daarvan wees nie?
Antwoord: Omdat die
geregtigheid wat voor die oordeel van God kan bestaan,
heeltemal volmaak moet wees en in alle opsigte met
die wet van God ooreen moet stem (a) en omdat ook ons
beste werke in hierdie lewe almal onvolmaak en met
sondes besmet is (b).
(a) Gal 3:10; Deut 27:26.
(b) Jes 64:6.
63 Vraag: Verdien ons goeie
werke dan niks nie terwyl God hulle tog in hierdie en
in die toekomstige lewe wil beloon?
Antwoord: Hierdie beloning
word nie uit verdienste nie, maar uit genade gegee (a).
(a) Luk 17:10.
64 Vraag: Maar maak hierdie
leer nie die mense onverskillig en roekeloos nie?
Antwoord: Nee, want dit is
onmoontlik dat n mens wat deur n ware
geloof in Christus ingeplant is, nie vrugte van
dankbaarheid sou voortbring nie (a).
(a) Matt 7:18; Joh 15:5.
Die heilige sakramente (Sondag
25-30)
65 Vraag: Terwyl ons slegs
deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade
kry, waar kom so n geloof dan vandaan?
Antwoord: Die Heilige Gees
werk dit in ons harte (a) deur die verkondiging van
die heilige evangelie en versterk dit deur die
gebruik van die heilige sakramente (b).
(a) Ef 2:8- 6:23; Joh
3:5; Fil 1:29. (b) Matt 28:19; 1 Pet
1:22,23.
66 Vraag: Wat is sakramente?
Antwoord: Dit is sigbare,
heilige tekens en seëls wat God ingestel het om ons
deur die gebruik daarvan die belofte van die
evangelie nog beter te laat verstaan en dit te beseël.
Hierdie belofte is dat God ons vanweë die enige
offer van Christus, wat aan die kruis volbring is,
vergewing van die sondes en die ewige lewe uit genade
skenk (a).
(a) Gen 17:1 l; Rom 4:1
l; Deut 30:6; Lev 6:25; Heb 9:7,8,9,24;
Eseg 20:12; Jes 6:6,7, 54:9.
67 Vraag: Is die Woord en
die sakrameni:e albei daarvoor bestem om ons geloof
op die offer van Christus aan die kruis as die
enigste grond van ons saligheid te wys?
Antwoord: Ja, seker, want
die Heilige Gees leer ons in die evangelie en
verseker ons deur die sakramente dat ons volle
saligheid op die enige offer van Christus rus wat aan
die kruis vir ons gebring is (a).
(a) Rom 6:3- Gal 3:27.
68 Vraag: Hoeveel sakramente
het Christus in die Nuwe Verbond of Testament
ingestel?
Antwoord: Twee, naamlik die
heilige doop en die heilige nagmaal.
Die heilige doop (Sondag 26-27)
69 Vraag: Hoe word jy in die
heilige doop daarop gewys en daarvan verseker dat die
enige offer van Christus aan die kruis jou ten goede
kom?
Antwoord: Só: Christus het
die uitwendige waterbad ingestel (a). Daarby het Hy
beloof (b) dat ek net so seker met sy bloed en Gees
van die onreinheid van my siel, dit is, van al my
sondes, gewas is (c) as wat ek uitwendig met die
water gewas is, wat die vuilheid van die liggaam
wegneem.
(a) Matt 28:19. (b)
Matt 28:19; Mark 16:16; Hand 2:38;
Joh 1:33; Matt 3:11; Rom 6:3,4. (c) 1
Pet 3:21; Mark 1:4; Luk 3:3.
70 Vraag: Wat beteken dit om
met die bloed en Gees van Christus gewas te wees?
Antwoord: Dit beteken om van
God vergewing van son ' de uit genade te ontvang ter
wille van die bloed van Christus wat Hy in sy offer
aan die kruis vir ons gestort het (a). Verder, om
deur die Heilige Gees vernuwe en as lede van Christus
geheilig te wees sodat ons die sonde hoe langer hoe
meer afsterwe en godvresend en onbesproke lewe (b).
(a) Heb 12:24,-, 1 Pet
1:2; Op 1:5; 7:14; Sag 13:1; Eseg 36:25.
(b) Joh 1:33; 3:5; 1 Kor 6:11- 12:13;
Rom 6:4; Kol 2:12.
71 Vraag: Waar het Christus
ons belowe dat Hy ons net so seker met sy bloed en
Gees wil was as wat ons met die doopwater gewas word?
Antwoord: Met die instelling
van die doop wat soos volg lui: "Gaan dan na al
die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop
hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die
Heilige Gees ..." (Matt 28:19)- en: "Wie
glo en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie,
sal veroordeel word" (Mark 16:16). Hierdie
belofte word ook herhaal waar die Skrif die doop die
bad van die wedergeboorte en die afwassing van die
sondes noem (Tit 3:5; Hand 22:16).
72 Vraag: Is die uitwendige
waterbad self dan die afwassing van die sonde?
Antwoord: Nee (a), want
alleen die bloed van jesus Christus en die Heilige
Gees reinig ons van alle sondes (b).
(a) Matt 3:11; 1 Pet 3:21;
Ef 5:26. (b) 1 Joh 1:7; 1 Kor 6:1 1.
73 Vraag: Waarom noem die
Heilige Gees die doop dan die bad van die
wedergeboorte en die afwassing van die sondes?
Antwoord: God sê dit nie
sonder gewigtige rede nie. Hy wil ons naamlik daarmee
leer dat die bloed en Gees van Christus ons sondes só
wegneem soos die water die vuilheid van die liggaam
wegneem. Verder wil Hy ons veral deur hierdie
Goddelike waarborg en teken verseker dat ons net so
werklik geestelik van ons sondes gewas is as wat ons
liggaam uitwendig met water gewas word.
74 Vraag: Moet die jong
kinders ook gedoop word?
Antwoord: ja, aangesien
hulle net soos die volwassenes in die verbond van God
en sy gemeente ingesluit is (a). Ook aan hulle word
nie minder as aan die volwassenes deur die bloed van
Christus die verlossing van die sondes (b) en die
Heilige Gees wat die geloof werk (c), beloof nie.
Daarom moet hulle ook deur die doop as teken van die
verbond in die Christelike kerk ingelyf en van die
kinders van die ongelowiges onderskei word (d). So i.s
dit in die Ou Verbond deur die besnydenis gedoen (e)
in die plek waarvan in die Nuwe Verbond die doop
ingestel is (f).
(a) Gen 17:7. (b) Matt
19:14. (e) Luk 1: 15; Ps 22:1 l; Jes
44:1-3; Hand 2:39. (d) Hand 10:.47. (e)
Gen 17:14. (f) Kol 2:11-13.
Die heilige nagmaal van ons Here
(Sondag 28-30)
75 Vraag: Hoe word jy in die
heilige nagmaal daarop gewys en daarvan verseker dat
jy aan die enige offerande van Christus aan die kruis
en aan al sy weldade deel het?
Antwoord: Christus het my en
alle gelowiges beveel om tot sy gedagtenis van
hierdie gebreekte brood te eet en van hierdie beker
te drink. Daarby het Hy beloof (a) eerstens, dat sy
liggaam so seker vir my aan die kruis geoffer en
gebreek, en sy bloed vir my gestort is, as wat ek met
my oë sien dat die brood van die Here vir my gebreek
en die beker aan my gegee word. Tweedens, dat Hy self
my siel met sy gekruisigde liggaam en gestorte bloed
net so seker vir die ewige lewe voed en verkwik as
wat ek die brood en die beker van die Here, as
ontwyfelbare tekens van Christus se liggaam en bloed,
uit die hand van die bedienaar ontvang en met die
mond geniet.
(a) Matt 26:26-28;
Mark 14:22-24; Luk 22:19,20; 1 Kor 10:16,17;
11:23-25; 12:13.
76 Vraag: Wat beteken dit om
die gekruisigde liggaam van Christus te eet en sy
bloed wat vergiet is, te drink?
Antwoord: Dit beteken nie
slegs om met n gelowige hart die hele lyding en
sterwe van Christus aan te neem en daardeur vergewing
van sondes en die ewige lewe te verkry nie (a). Dit
beteken boonop om deur die Heilige Gees, wat tegelyk
in Christus en in ons woon, al hoe meer so met sy
geseënde liggaam verenig te word (b), dat ons vlees
van sy vlees en been van sy gebeente is (c), al is
Christus nou in die hemel (d) en ons op die aarde.
Dit wil sê dat ons deur een Gees - soos die ledemate
van die liggaam deur een siel - ewig lewe en geregeer
word (e).
(a) joh 6:35,40,47,48,50,51,53,54.
(b) Joh 6:55,56. (c) Ef 5:29,30; 3:16;
1 Kor 6:15; 1 Joh 3:24; 4:13. (d) Kol
3:1; Hand 3:21; 1 Kor 11:26. (e) Joh
6:57; 15:1-6; Ef 4:15,16.
77 Vraag: Waar het Christus
beloof dat Hy die gelowiges so seker met sy liggaam
en bloed sal voed en verkwik as wat hulle van hierdie
gebreekte brood eet en uit hierdie beker drink?
Antwoord: By die instelling
van die nagmaal wat soos volg lui (a): "Die Here
Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood
geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy
dit gebreek en gesê: 'Dit is my liggaam; dit is vir
julle. Gebruik dit tot my gedagtenis.' Net so ook het
Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: 'Hierdie
beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël
is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink,
tot my gedagtenis.' Elke keer as julle van hierdie
brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die
dood van die Here, totdat Hy kom" (1 Kor 11:23-26).
Hierdie belofte word ook herhaal deur Paulus waar hy
sê: "Die beker van danksegging, waarvoor ons
God dank, is dit nie die gemeenskap met die bloed van
Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die
gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat
dit een brood is, is ons, al is ons baie, saam een
liggaam, want ons het almal deel aan die een brood"
(1 Kor 10: 16,17).
(a) Matt 26:26-28;
Mark 14:22-24-, Luk 22:19,20.
78 Vraag: Verander die brood
en wyn dan in die werklike liggaam en bloed van
Christus?
Antwoord: (a) Nee, maar soos
die water by die dood nie in die bloed van Christus
verander of die afwassing van sonde self is nie, maar
slegs n Goddelike teken en versekering daarvan
(b), so verander die brood by die nagmaal nie in die
liggaam van Christus self nie (c). Ooreenkomstig die
aard en gebruik van die sakramente word die brood
egter die liggaam van Christus genoem (d).
(a) Matt 26:29. (b) Ef
5:26; Tit 3:5. (c) 1 Kor 10:16; 11:26.
(d) Gen 17:10,11; Eks 12:11,13; 13:9;
1 Pet 3:21; 1 Kor 10:3,4.
79 Vraag: Waarom noem
Christus dan die brood sy liggaam en
die beker sy bloed of die nuwe Testament i
sy bloed en waarom noem Paulus dit die
gemeenskap niet die liggaam en bloed van
Christus?
Antwoord: Daar
is gewigtige redes waarom Christus so
sê: Hy wil ons daarmee leer dat,
soos brood en wyn die tydelike lewe
onderhou, so voed sy gekruisigde
liggaam en gestorte bloed, as die
egte voedsel en drank, ons siele vir
die ewige lewe (a). Verder wil Hy ons
deur hierdie sigbare tekens en
waarborge veral verseker dat ons net
so seker deur die werking van die
Heilige Gees aan sy ware liggaam en
bloed deel kry as wat ons hierdie
heilige tekens met die liggaamlike
mond tot sy gedagtenis ontvang (b).
Hy verseker ons ook dat al sy lyding
en gehoorsaamheid so seker ons eie is
asof ons self in eie persoon alles
gely en die skuld vir ons sondes aan
God ten volle betaal het.(a) Joh 6:55. (b) 1 Kor 10:16.
80 Vraag: Wat is die
onderskeid tussen die nagmaal van die Here en die
Roomse mis?
Antwoord: Die nagmaal betuig
aan ons dat ons volkome vergewing van al ons sondes
het, ter wille van die enige offer van Jesus Christus
wat Hy self eens en vir altyd aan die kruis volbring
het (a), en dat ons deur die Heilige Gees in Christus
ingelyf word (b), wat nou na sy menslike natuur in
die hemel aan die regterhand van die Vader (c) is en
daar deur ons aanbid wil word (d). Die Roomse mis,
daarenteen, leer dat die lewendes en die gestorwenes
nie deur die lyding van Christus vergewing van sondes
het nie, tensy Christus nog daagliks vir hulle deur
die priesters geoffer word. Verder dat Christus
liggaamlik in die brood en wyn aanwesig is en
derhalwe daarin aanbid moet word. Die mis is dus in
wese niks anders nie as n verloëning van die
enige offer en lyding van Jesus Christus en n
afgodery wat vervloek is (e).
(a) Heb 10:10,12; 7:26,27;
9:12,25; Joh 19:30; Matt 26:28; Luk
22:19. (b) 1 Kor 10:16,17; 6:17. (c)
Joh 20:17; Kol 3:1;, Heb 1:3;
8:1. (d) Matt 6:20,21; Joh 4:21; Luk
24:52- Hand 7:55- Kol 3:1- Fil 3:20-
1 Tess 1:10. (e) Heb 9:26; 10:12,14.
81 Vraag: Wie moet na die
nagmaalstafel van die Here kom?
Antwoord: Hulle wat vanweë
hulle sondes n afkeer van hulleself het, maar
tog vertrou dat dit hulle om Christus wil vergewe is
en dat die swakhede wat nog oor is, met sy lyding en
sterwe bedek is; en diê wat ook begeer om hulle
geloof hoe langer hoe meer te versterk en hulle lewe
te verbeter. Maar die huigelaars en diê wat hulle
nie van harte tot God bekeer nie, eet en drink n
veroordeling oor hulleself (a).
(a) 1 Kor 11:28; 10:19-22.
82 Vraag: Moet diê mense
ook aan die nagmaal toegelaat word wat met hulle
belydenis en lewe wys dat hulle ongelowig en
goddeloos is?
Antwoord: Nee, want so word
die verbond van God ontheilig en sy toorn oor die
hele gemeente opgewek (a). Daarom is die Christelike
kerk volgens die bevel van Christus en sy apostels
verplig om sulke mense met die sleutels van die
koninkryk van die hemel uit te sluit, totdat hulle
verbetering van hulle lewe bewys.
(a) 1 Kor 11:20,34-,
Jes 1:11; 66:3; Jer 7:21; Ps 50:16.
Die kerklike tug (Sondag 31)
83 Vraag: Wat is die
sleutels van die koninkryk van die hemel?
Antwoord: Die verkondiging
van die heilige evangelie en die Christelike tug. Met
albei hierdie handelinge word die koninkryk van die
hemel vir die gelowiges oopgesluit en vir die
ongelowiges toegesluit.
84 Vraag: Hoe word die
koninkryk van die hemel deur die verkondiging van die
heilige evangelie oopen toegesluit?
Antwoord: Volgens die bevel
van Christus word aan die gelowiges ges
amentlik en afsonderlik verkondig en openlik
betuig dat al hulle sondes hulle waarlik deur
God ter wille van die verdienste van Christus
vergewe is so dikwels as wat hulle die
belofte van die evangelie met n ware
geloof aanneem. Daarenteen word aan al die
ongelowiges en huigelaars verkondig dat die
toorn van God en die ewige verdoemenis op
hulle rus solank hulle hulle nie bekeer nie (a).
Volgens hierdie getuienis van die evangelie
sal God sowel in hierdie as in die
toekomstige lewe oordeel.
(a) Joh 20:21-23; Matt
16:19.
85 Vraag: Hoe word die
koninkryk deur die Christelike tug toe- en oopgesluit?
Antwoord: Volgens die bevel
van Christus word diê wat die naam Christen dra en
tog n onchristelike lee huldig of hulle
onchristelik gedra, eers herhaalde kere broederlik
vermaan. As hulle egter nie van hulle dwalinge of
skandelike lewe wil afsien nie, moet dit aan die
gemeente of aan diê wat deur die gemeente daarvoor
aangewys is, gesê word. As hulle hulle -ook nie aan
laasgenoemde se vermaninge steur nie, word hulle nie
langer tot die heilige sakramente toegelaat nie en
uit die Christelike gemeente en deur God self uit die
ryk van Christus uitgesluit. Hulle word weer as lede
van Christus en sy gemeente aangeneem wanneer hulle
werklike verbetering beloof en bewys (a).
(a) Matt 18:15-17; 1
Kor 5:4,5,11; 2 Kor 2:6-8.