DIE
HEIDELBERGSE KATEGISMUS OF ONDERWYSING IN DIE
CHRISTELIKE LEER
Die Derde Deel: Die dankbaarheid
wat ons aan God vir die verlossing verskuldig
is (Sondag 32-52)
86 Vraag: Waarom moet ons
nog goeie werke doen, terwyl ons tog sonder enige
verdienste van ons kant alleen uit genade deur
Christus uit ons ellende verlos is?
Antwoord: Omdat Christus ons,
nadat Hy ons met sy bloed gekoop het, ook deur sy
Heilige Gees tot sy ewebeeld vernuwe sodat ons met
ons hele lewe bewys (a) dat ons God dankbaar is vir
sy weldade en Hy deur ons geprys (b) word. Verder,
sodat ons vir onsself uit die vrugte van ons geloof
sekerheid kan kry (c), en ons deur ons godvresende
lewe ons naaste ook vir Christus kan wen (d).
(a) Rom 6:13; 12:1,2;
1 Pet 2:5,9; 1 Kor 6:20. (b) Matt 5:16;
1 Pet 2:12. (c) 2 Pet 1: 1 0. Matt 7:17;
Gal 5:6,22. (d) 1 Pet 3:1,2; Rom 14:19.
87 Vraag: Kan diê mense dan
nie salig word wat in hulle goddelose, ondankbare
lewe volhard en hulle nie tot God bekeer nie?
Antwoord: Nee, glad nie.
Want die Skrif sê dat geen onkuise, afgodedienaar,
egbreker, dief, gierigaard, dronkaard, lasteraar,
rower en sulkes die koninkryk van God sal beërwe nie
(a).
(a) 1 Kor 6:9,10; Ef 5:5,6;
1 Joh 3:14.
88 Vraag: Uit hoeveel dele
bestaan die ware bekering van die mens?
Antwoord: Uit twee dele: die
afsterwing van die ou mens en die opstanding van die
nuwe mens (a). (a) Rom 6:1,4-6; Ef 4:22-24; Kol 3:5,6,8-10;
1 Kor 5:7; 2 Kor 7: 1 0.
89 Vraag: Wat is die
afsterwing van die ou mens? Antwoord: Dit is
n hartlike berou daaroor dat ons God deur ons
sondes vertoorn het en daarom hoe langer hoe meer die
sonde haat en daarvan wegvlug (a). (a) Rom 8:13; Joël
2:13; Hos 6:1.
90 Vraag: Wat is die
opstanding van die nuwe mens?
Antwoord: Dit is n
hartlike vreugde in God deur Christus (a) en n
lus en liefde om volgens die wil van God in alle
goeie werke te lewe (b).
(a) Rom 5: l; 14:17; Jes 57:15. (b)
Rom 6: 1 0,1 l; Gal 2:20.
91 Vraag: Wat is goeie werke?
Antwoord: Slegs diê wat uit
n ware geloof (a), volgens die Wet van God (b),
tot sy eer gedoen word (c), en nie diê wat op ons
goeddunke of op oorgelewerde gebruike van mense
gegrond is nie (d).
(a) Rom 14:23. (b) Lev
18:4; 1 Sam 15:22; Ef 2:10. (c) 1 Kor
10:31. (d) Eseg 20:18,19; Jes 29:13;
Matt
15:7-9.
Die Wet (Sondag 34-44)
92 Vraag: Hoe lui die Wet
van die Here?
Antwoord: God het al hierdie
gebooie aangekondig (Eks 20:1-17; Deut 5:6-21): Ek is
die Here, jou God wat jou uit Egipte, uit die plek
van slawerny, bevry het.
Die eerste gebod
Jy mag naas My geen ander gode hê
nie.
Die tweede gebod
Jy mag nie vir jou n beeld of
enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of
op die aarde hieronder of in die water onder die
aarde is nie. jy mag hulle nie vereer of dien nie,
want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan
My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe,
selfs tot in die derde en vierde geslag van diê wat
My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die
duisendste geslag van diê wat My liefhet en my
gebooie gehoorsaam.
Die derde gebod
Jy mag die Naam van die Here jou
God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat
sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.
Die vierde gebod
Sorg dat jy die sabbatdag heilig
hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet,
maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou
God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou
seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou
werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou
nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles
daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en
alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en
daarom het die Here dit as gereefde rusdag ingestel
en dit geheilig.
Die vyfde gebod
Eer jou vader en jou moeder, dan
sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God
vir jou gee.
Die sesde gebod
Jy mag nie moord pleeg nie.
Die sewende gebod
Jy mag nie egbreuk pleeg nie.
Die agste gebod
Jy mag nie steel nie.
Die negende gebod
Jy mag nie vals getuienis teen
n ander gee nie.
Die tiende gebod
Jy mag nie iemand anders se huis
begeer nie. jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie
n slaaf of slavin, n bees of n
donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.
93 Vraag: Hoe word hierdie
gebooie ingedeel?
Antwoord: In twee tafels (a),
waarvan die eerste in vier gebooie ons leer hoe ons
ons teenoor God moet gedra, die tweede in ses gebooie,
wat ons aan ons naaste verskuldig is (b).
(a) Deut 4:13; Eks 34:28; Deut 10:3,4.
(b) Matt 22:37,40.
94 Vraag: Wat gebied God in
die eerste gebod?
Antwoord: Ek moet ter wille
van my sieleheil en saligheid alle afgodery (a),
towery, waarsêery, bygeloof (b), aanroeping van
heiliges of ander skepsels (c) vermy en daarvan
wegvlug. Ek moet die enige ware God reg leer ken (d),
Hom alleen vertrou (e), my slegs aan Hom met alle
nederigheid (f) en geduld onderwerp (g) en van Hom
alleen alle goeie dinge (h) verwag. Ek moet Hom met
my hele hart liefhê (i), vrees (j) en eer (k).
Sodoende sien ek eerd van alle skepsels af as om in
die minste teen sy wil t handel (1).
(a) 1 Joh 5:21; 1 Kor 6:10; 10:7,14.
(b) Lev 19:313; Deut 18:9,10. (c) Matt 4:10; Op 19:10;
22:8,9. (d) Jo 17:3. (e) Jer 17:5,7. (f) 1 Pet 5:5. (g)
Heb 10:36- Kol 1: 1 l; Rom 5:3,4; 1 Kor 1 0: 1 0; Fil
2:14. (h) Ps 104:2 Jes 45:7; Jak 1:17. (i) Deut 6:5;
Matt 22:37. (j) Deut 6:2; Ps 111:10; Spr 1:7; 9:10;
Matt 10:28. (k) Matt 4:10; Deut 10:20. (1) Matt 5:29;
10:37; Hand 5:29.
95 Vraag: Wat is afgodery?
Antwoord: Dit is om in die
plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord
geopenbaar het, of naas Hom iets anders uit te dink
of te hê waarop jy jou vertroue stel (a).
(a) Ef 5:5- 1 Kron 16:26; Fil 3:19;
Gal 4:8; Ef 2:12; 1 Joh 2:23; 2 Joh 9; Joh 5:23.
96 Vraag: Wat eis God in die
tweede gebod?
Antwoord: Ons mag God op
geen enkele manier afbeeld nie (a) en Hom op geen
ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het
nie (b). (a) Jes 40:18,19,25; Deut 4:15,16; Rom 1:23;
Hand 17:29. (b) 1 Sam 15:23; Deut 12:30; Matt 15:9.
97 Vraag: Mag ons dan glad
nie beelde maak nie?
Antwoord: God kan en mag op
geen enkele manier afgebeeld word nie (a). Die
skepsels mag wel afgebeeld word, maar God verbied dat
ons van hulle afbeeldings maak en besit om dit te
vereer en Hom daardeur te dien (b).
(a) Jes 40:25. (b) Eks 34:17; 23:24;
34:13; Num 33:5
98 Vraag: Mag ons beelde as
"boeke van die leke" in die kerkgebou
toelaat?
Antwoord: Nee, want ons moet
nie wyser as God wil wees nie. Hy wil sy Christene
nie deur stom beelde nie (a), maar deur die lewende
verkondiging van sy Woord laat onderrig (b).
(a) Jer 10:8; Heb 2:18. (b) Rom 10:14,15,17;
2 Pet 1:19; 2 Tim 3:16,17.
99 Vraag: Wat eis die derde
gebod?
Antwoord: Ons mag die Naam
van God nie laster of misbruik deur te vloek (a),
deur n valse eed (b) of deur onnodig te sweer
nie (c). Verder mag ons nie deur stil te bly of dit
toe te laat ons aan sulke verskriklike sondes skuldig
maak nie (d). Kortom, ons mag die heilige Naam van
God nie anders as met vrees en eerbied gebruik nie (e),
sodat Hy deur ons reg bely (f), aangeroep (g) en in
al ons woorde en werke geprys word (h).
(a) Lev 24:15,16. (b) Lev 19:12. (c)
Matt 5:37; Jak 5:12. (d) Lev 5:1; Spr 29:24. (e) Jer
4:2; Jes 45:23.
(f) Matt 10:32; Rom 10:9,10.
(g) Ps 50:15; 1 Tim 2:8. (h) Kol 3:17;
Rom 2:24; 1 Tim 6: 1.
100 Vraag: Is dit dan so
n groot sonde om die Naam van God te laster
deur te sweer en te vloek dat God Hom ook oor elkeen
vertoorn wat hierdie sonde nie sover moontlik teëgaan
en verbied nie?
Antwoord: Ja, seker (a),
want geen sonde is groter en vertoorn God meer as die
lastering van sy Naam nie. Daarom het Hy ook beveel
om dit met die dood te straf (b).
(a) Spr 29:24; Lev 5:1. (b) Lev 24:16.
101 Vraag: Mag n mens
ook godvresend by die Naam van God n eed sweer?
Antwoord: Ja, as die
owerheid dit van sy onderdane eis of as die nood dit
vereis om daardeur trou en waarheid te bevestig. Dit
moet dan tot eer van God en tot heil van ons naaste
gedoen word. Sodanige eedswering is op die Woord van
God gegrond (a), en die gelowiges in die Ou en Nuwe
Verbond het dit reg gebruik (b).
(a) Deut 6:13. 10:20. Jes 48:1; Heb
6:16. (b) Gen 21:24; 31:53. jos 9:15; 1 Sam 24:23; 2
Sam 3:35; 1 Kon 1:29; Rom 1:9; 9:1-5; 2 Kor 1:23.
102 Vraag: Mag n mens
ook by die heiliges of by ander skepsels sweer?
Antwoord: Nee, want om
n regte eed te sweer, beteken dat ek God
aanroep as die enigste kenner van die hart om vir die
waarheid getuienis te gee en my te straf as ek vals
sweer (a). Hierdie eer kom geen skepsel toe nie (b).
(a) 2 Kor 1:23; Rom 9:1.
(b) Matt 5:34-36. Jak 5:12.
103 Vraag: Wat gebied God in
die vierde gebod? Antwoord: God wil eerstens
dat die Woordbediening en die godsdiensonderrig in
stand gehou word (a). Ook moet ek veral op die rusdag
ywerig met die gemeente van God saamkom (b) om die
Woord van God te hoor (c), die sakramente te gebruik
(d), die Here openlik aan te roep (e) en die
Christelike liefdegawes te gee (f). Ten tweede moet
ek elke dag van my lewe van my bose werke rus' en die
Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die
ewige sabbat reeds in hierdie lewe (g).
(a) Tit 1:5; 2 Tim 3:14; 1 Kor 9:13,14;
2 Tim 2:23:15. (b) Ps 40: 1 0,1 l; 68:27; Hand 2:42.
(c) 1 Tim 4:13; 1 Kor 14:29. (d) 1 Kor 11:33. (e) 1
Tim 2:1; 1 Kor 14:16. (f) 1 Kor 16:2. (g) Jes 66:23.
104 Vraag: Wat eis God in
die vyfde gebod?
Antwoord: Ek moet my vader
en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer,
liefde en trou bewys. Aan hulle goeie leer en tug
moet ek my met die verskuldigde gehoorsaamheid
onderwerp (a). Ook moet ek met hulle gebreke geduld hê
(b), omdat God ons deur hulle wil regeer (c).
(a) Ef 6:1,2,5; Kol 3:18,20,22; Ef
5:22; Spr 1:8; 4:1; 15:20; 20:20; Eks 21:17; Rom 13:1.
(b) Spr 23:22; Gen 9:24; 1 Pet 2:18. (c) Ef 6:4,9;
Kol 3:203- Rom 13:2,3; Matt 22:21.
105 Vraag: Wat eis God in
die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en
ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat,
beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my
gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met
die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek
mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in
gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die
swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21,22; 26:52- Gen 9:6. (b)
Ef 4:26; Rom 12:19- Matt 5:25. 18:35. (c) Rom 13:14;
Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6-, Eks 21:14; Matt 26:52;
Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie
gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te
verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a),
soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku.
Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh
2:1 1. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod
gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak,
soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God
afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons
naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet
teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig,
barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan
benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs
aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12: 1 0.
(b) Ef 4:2; Gal 6:1,2; Matt 5:5; Rom 12:18.- Luk
6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d)
Matt 5:44,45; Rom 12:20.
108 Vraag: Wat leer die
sewende gebod ons?
Antwoord: Alle onkuisheid is
deur God vervloek (a), en daarom moet ons dit
hartgrondig haat (b). Daarenteen moet ons kuis en
ingetoë lewe (c) sowel binne as buite die huwelik (d).
(a) Lev 18:28. (b) Jud 1:23. (c) 1
Tess 4:3-5. (d) Heb 13:4; 1 Kor 7:7.
109 Vraag: Verbied God in
hierdie gebod niks meer as net egbreuk en sulke
skandes nie?
Antwoord: Omdat beide, ons
liggaam en siel, n tempel van die Heilige Gees
is, wil God dat ons altwee rein en heilig bewaar.
Daarom verbied hy alle onkuise dade, gebare, woorde (a),
gedagtes, luste (b) en alles wat n mens daartoe
kan verlei (c). (a) Ef 5:3,4; 1 Kor 6:18,19. (b) Matt
5:27,28. (c) Ef 5:183- 1 Kor 15:33.
110 Vraag: Wat verbied God
in die agste gebod?
Antwoord: God verbied nie
slegs dié diefstal (a) en roof (b) wat die owerheid
straf nie, maar Hy beskou ook as diefstal al die
skelmstreke en liste waardeur ons probeer om ons
naaste se besittings in die hande te kry (c). Dit kan
gebeur met geweld of n skyn van reg, soos deur
die vervalsing van gewigte, lengtemaat, inhoudsmaat,
goedere (d), geld, deur woeker (e) of enige middel
wat God verbied. Hy verbied ook alle gierigheid (f)
en alle misbruik en verkwisting van sy gawes (g).
(a) 1 Kor 6:10. (b) 1 Kor 5:10; Jes
33:1. (c) Luk 3:14; 1 Tess 4:6. (d) Spr 11:1. 16:11-
Eseg 45:9,10; Deut 25:13. (e) Ps 15:5; Luk 6:35. (f)
1 Kor 6:10. (g) Spr 23:20,21; 21:20.
111 Vraag: Maar wat gebied
God jou in hierdie gebod?
Antwoord: Ek moet die
belange van my naaste, waar ek kan en mag, bevorder
en hom so behandel soos ek wil hê dat hy my moet
behandel (a). Daarby moet ek ook my werk getrou doen,
sodat ek die behoeftiges in hulle nood kan help (b).
(a) Matt 7:12. (b) Ef
4:28.
112 Vraag: Wat eis die
negende gebod?
Antwoord: Ek mag teen
niemand valse getuienis aflê (a), niemand se woorde
verdraai (b), nie n kwaadsteker of lasteraar
wees nie (c), niemand onverhoord en ligtelik help
veroordeel nie (d). Alle vorme van lieg en bedrieg
moet ek as die duiwel (e) se eie werke vermy as ek
nie die sware toorn van Go oor my wil bring (f) nie.
In regsake en in alle ander handelinge moet ek die
waarheid liefhê, en opreg wees in wat ek sê en bely
(g). My naaste se eer en goeie naam moet ek na my
vermoë verdedig en bevorder (h).
(a) Spr 19:5,9; 21:28. (b) Ps 15:3;
50:19,20. (c) Rom 1:30. (d) Matt 7:1; Luk 6:37. (e)
Joh 8:44. (f) Spr 12:225 13:5. (g) 1 Kor 13:6; Ef 4:25.
(h) 1 Pet 4:8.
113 Vraag: Wat eis die
tiende gebod van ons?
Antwoord: Selfs die
geringste begeerte of gedagte tee enige gebod van God
mag nooit in ons hart opkom nie. Ons moet altyd en
heelhartig vyande van alle sonde wees en n
begeerte tot alle geregtigheid hê (a). (a) Rom 7:7.
114 Vraag: Maar kan diê wat
tot God bekeer is, hierdie gebooie volmaak gehoorsaam?
Antwoord: Nee, want selfs
die allerheiligstes het, solank hulle in hierdie lewe
is, nog maar n geringe begin van hierdie
gehoorsaamheid (a), maar tog so dat hulle met n
ernstige voorneme begin om nie alleen volgens sommige
nie, maar volgens al die gebooie van God te lewe (b).
(a) 1 Joh 1:8; Rom 7:14,15;
Pred 7:20; 1 Kor 13:9. (b) Rom 7:22;
Ps 1:2.
115 Vraag: Waarom laat God
die Tien Gebooie dan so streng aan ons voorhou as
niemand dit tog in hierdie lewe kan onderhou nie?
Antwoord: Eerstens sodat ons
gedurende ons hele lewe ons sondige natuur hoe langer
hoe beter kan lee ken (a), en met groter verlange na
die vergewing van sondes en na die geregtigheid in
Christus kan soek (b). Tweedens moet ons ons sonder
ophou beywer en God om die genade van die Heilige
Gees bid, sodat ons altyd meer en meer na die
ewebeeld van God vernuwe mag word totdat ons ná
hierdie lewe die volmaaktheid as doel bereik (c).
(a) Rom 3:20; 1 Joh 1:9; Ps 32:5. (b)
Matt 5:6, Rom 7:24,25. (c) 1 Kor 9:24, Fil 3:12-14.
Die gebed (Sondag 45-52)
116 Vraag: Waarom is die
gebed vir die Christene nodig?
Antwoord: Omdat dit die
vernaamste deel van die dankbaarheid is wat God van
ons eis (a). En omdat God sy genade en Heilige Gees
alleen aan hulle wil gee wat Hom met hartlike
versugtinge sonder ophou daarom bid en daarvoor dank
(b).
(a) Ps 50:14. (b) Matt 7:7; Luk 11:9,13;
1 Tess 5:17.
117 Vraag: Hoe moet n
gebed wees wat God behaa en deur Hom verhoor word?
Antwoord: Eerstens moet ons alleen
die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar het
(a), van harte aanroep (b) vir alles waarvoor Hy ons
beveel het om te bid (c). Tweedens moet ons ons nood
en ellende reg en grondig ken (d) sodat ons ons voor
sy Majesteit kan verootmoedig (e). Derdens het ons
hierdie vaste grond (f) dat Hy ons gebed, hoewel on
dit nie verdien nie, tog ter wille van die Here
Christus sekerlik wil verhoor (g) soos Hy dit vir ons
in sy Woord beloof het (h).
(a) Op 19:10; Joh 4:22-24. (b) Rom
8:26; 1 Joh 5:14; Jak 1:5. (c) Joh 4:24; Ps 145:18. (d)
2 Kron 20:12. (e) Ps 2:1 l; 34:19; Jes 66:2. (f) Rom
10: 14; Jak 1:6. (g) Joh 14:13; 16:23; Dan 9:18. (h)
Matt 7:8. Ps 27:8.
118 Vraag: Wat het God ons
beveel om van Hom te bid?
Antwoord: Alle geestelike en
liggaamlike behoeftes wat Christus saamgevat het, in
die gebed wat Hy sel aan ons geleer het (a).
(a) Jak 1:17; Matt 6:33.119 Vraag: Hoe lui
hierdie gebed?
Antwoord: Ons Vader wat in
die hemel is, laat u Naam geheilig word; laat u
koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied,
net soos in die hemel. Gee ons vandag ons daaglikse
brood, en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié
vergewe wat teen ons oortree, en laat ons nie in
versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.
(a) Matt 6:9-13; Luk 11:2-4.
120 Vraag: Waarom het
Christus ons beveel om God as ons Vader aan te
spreek?
Antwoord: Sodat Hy heel aan
die begin van ons gebed in ons die kinderlike vrees
en vertroue op God sal wek. Dit moet die grond van
ons gebed wees, naamlik dat God deur Christus ons
Vader geword het, en dat Hy ons veel minder dit wat
ons van Hom in die geloof bid, sal weier as wat ons
vaders aardse dinge ons ontsê (a).
(a) Matt 7:9-1 l; Luk
1 1: 1 l- 13.
121 Vraag: Waarom word hier
bygevoeg: wat in die hemel is?
Antwoord: Sodat ons van die
hemelse majesteit van God nie aards moet dink nie (a)
en van sy almag alles verwag wat ons vir liggaam en
siel nodig het (b).
(a) Jer 23:23,24; Hand
17:24,25,27. (b) Rom 10:12.
122 Vraag: Wat is die eerste
bede?
Antwoord: Laat u Naam geheilig
word. Dit is: Gee allereers dat ons U reg ken (a)
en dat ons U heilig, roem en prys in al u werke
waarin u almag, wysheid, goedheid, geregtigheid,
barmhartigheid en waarheid so skitter (b). Gee verder
dat ons ons hele lewe, gedagtes, woorde en werke
daarop sal rig dat u Naam nie om ons ontwil gelaster
nie, maar geëer en geprys word (c).
(a) Joh 17:3- Jer 9:24; 31:33,34;
Matt 16:17; Jak 1:5. Ps 119:105.'(b) Ps 119:137; Luk
1:46,47,68,69. Rom 11:33. (c) Ps 71:8; 115:1.
123 Vraag: Wat is die tweede
bede?
Aiitw Laat u koninkryk kom. Dit
is: Regeer ons so deur u Woord en Gees dat ons ons
hoe langer hoe meer aan U onderwerp (a). Bewaar u
kerk en laat dit groei (b). Vernietig die werke van
die duiwel, elke mag wat teen U opstaan, en alle
kwaadwillige planne wat teen u heilige Woord bedink
word (c), totdat die volkomenheid van u ryk kom (d),
waarin U alles in almal sal wees (e).
(a) Ps 143:10; 119:5;
Matt 6:33. (b) Ps 51:20; 112:6. (c) 1
Joh 3:8; Rom 16:20. (d) Op 22:20; Rom
8:22,23. (e) 1 Kor 15:28.
124 Vraag: Wat is die derde
bede?
Antwoord: Laat u wil ook op die
aarde geskied, net soos i n die hemel.
Dit is: Gee dat ons en alle mense ons eie wil
prysgee (a) om aan u wil, wat alleen goed is, sonder
enige teëpratery gehoorsaam te wees (b), sodat
elkeen sy amp en beroep net so gewillig en getrou kan
beoefen en uitvoer (c) soos die engele in die
hemel (d).(a) Matt 16:24; Tit 2:11,12.
(b) Luk 22:42; Ef 5:10; Rom 12:2. (c)
1 Kor 7:24. (d) Ps 103:20,21.
125 Vraag: Wat is die vierde
bede?
Antwoord: Gee ons vandag ons
daaglt'kse brood. Dit is: Versorg ons met alles
wat vir die liggaam nodig is (a), sodat ons daardeur
erken dat U die enigste Bron is van alles wat goed is
(b), en dat al ons sorge en arbeid en ook u gawes
sonder u seën ons nie kan baat nie (c). Gee daarom
dat ons ons vertroue van alle skepsele aftrek, en op
U alleen stel (d).
(a) Ps 145:15; 104:27; Matt 6:26. (b)
Jak 1:17-, Hand 14:17- 17:27. (c) 1 Kor 15:58; Deut 8:3;
Ps 37:16; 127:1,2. (d) Ps 55:23; 62:1 l; 146:3; Jer
17:5,7.
126 Vraag: Wat is die vyfde
bede?
Antwoord: Vergeef ons ons
oortredinge soos ons ook die vergewe wat teen
ons oortree. Dit is: Reken ons, arme sondaars, al
ons misdade asook die boosheid wat ons nog aankleef,
ter wille van die bloed van Christus, nie toe nie (a).
Ons bid dit van U omdat ons hierdie bewys van u
genade in ons vind: dat ons die ernstige voorneme het
om ons naaste van harte te vergewe (b).
(a) Ps 51:3; 143:2; 1
Joh 2: l; Rom 8: 1. (b) Matt 6:14.
127 Vraag: Wat is die sesde
bede?
Antwoord: En laat ons nie in
versoeking kom nie, maar verlos ons van die
Bose. Dit is: Ons is in onsself so swak dat ons
nie een oomblik staande kan bly nie (a). Daarby hou
ons doodsvyande, die duiwel (b), die wêreld (c) en
ons eie sondige natuur (d), nie op om ons aan te val
nie. Wil U ons tog deur die krag van u Heilige Gees
staande hou en versterk, sodat ons teen hulle sterk
teenstand kan bied en in hierdie geestelike stryd nie
beswyk (e) nie, totdat ons eindelik die oorwinning
volkome behaal (f).
(a) Joh 15:5; Ps 103:14. (b) 1 Pet
5:8; Ef 6:12. (c) Joh 15:19. (d) Rom 7:23; Gal 5:17.
(e) Matt 26:41; Mark 13:33. (f) 1 Tess 3:13. 5:23.
128 Vraag: Hoe sluit jy jou
gebed af?
Antwoord: Aan U behoort die
koninkryk en die krag en die heerlikheid tot
in ewigheid. Dit is: Ons bid dit alles van U
omdat U as ons Koning, wat mag oor alles het, ons
alle goeie dinge wil en kan gee (a) sodat daardeur
nie ons nie, maar u heilige Naam ewig geprys sal word
(b).
(a) Rom 10:12; 2 Pet 2:9. (b) joh
14:13; Jer 33:8,9; Ps 115:1.
129 Vraag: Wat beteken die woord
Amen?
Antwoord: Amen wil sê: Dit
is waar en seker. Want my gebed is baie sekerder deur
God verhoor as wat ek in my hart voel dat ek dit van
Hom begeer (a).
(a) 2 Kor 1:20; 2 Tim
2:13.