Soek SA
  
 

Altavista

Infoseek

SA Godsdiens-akademie

NT Werkgemeenskap van SA

NT Bronne

Neotestamentica

Society of Biblical Literature

Tuisblad van Bobby Loubser

Argief | Erediens-werkswinkel | Mtunzini-kerk


2 Mei 1999

MAAK ’n KNOOP IN JOU DAS

1 Joh 2:24-29.

 

1.

In ’n sekere sin is die hele geloofslewe ’n geheim, maar aan die bodem van al die geheime lê daar een besondere geheim. Dit is die diepste geheim van Christelike geloof. Sonder dat ons hierdie geheim ken, kan ons onsself nie Christene noem nie. Al het ons al die kennis van die Christendom, al oefen ons onsself dat die bloed loop, dit sal ons niks help nie. Hierdie geheim is dat ons Jesus self — die Seun wat vlees geword het —moet hê.

2.

Daar is ’n poplied wat lui: "I need somebody!" Dis ’n baie vleeslike behoefte wat so uitgespreek word, maar dit haak vas in die gedagtes omdat ons almal iemand kort, iemand om by ons te staan, iemand wat verstaan en kan rigting gee. Ons kort iemand wat sterker is, iemand wat kan luister en ons kan help om tot onsself te kom. Ons is nou maar eenmaal gemeenskapswesens, soos Aristoteles gesê het. Ons het iemand nodig: ’n metgesel, ’n vriend, ’n leier.

Kinders verstaan dit baie goed. Soms as hulle alleen voel, skep hulle soms denkbeeldige maatjies. Dis waar al die pragtige feëverhale vandaan kom. My oudste seun, Coenraad, het twee sulke interessante maatjies vir hom uitgedink destyds toe hy nog ’n kleuter in Kaapstad was: Grom en Shokedaitu.

Grootmense is net so. Hulle besef hulle is alleen en swak. Hulle kort ’n kruk, ’n skouer. Dus skep hulle gode soos hulleself, net baie groter en sterker. Maar as ’n mens hulle nodig het, is hulle nie daar nie.

By geleentheid het Jesus soos die profete voor hom opgemerk dat die mense soos skape sonder ’n herder is. Ons vind dit in Matteus 9:36 "Toe Hy die menigtes sien, het Hy hulle innig jammer gekry, want hulle was moeg en hulpeloos soos skape wat nie 'n wagter het nie."

Kyk na die mense rondom ons. Is hulle nie soos skape sonder ’n herder nie?. Elkeen volg sy eie pad, ’n pad wat nêrens heen lei nie.

Wat gebeur met ’n skip waarvan die roer stukkend is? Wat sal gebeur as een van die vissermanne wat vanoggend met skibote op die see uit is, agterkom hulle stuur werk nie? So is die mense van die wêreld.

Sonder ’n stuurman gaan mense ten gronde.

Leierskap is ’n duur artikel. Dit kom nie vanself nie. Dikwels kies ons die verkeerdes; of die verkeerdes stel hulleself oor ons aan. Mense wat nie vertrou kan word nie — soos die Psalm sê: "Moet op prinse nie vertrou nie." In die Johannesbrief word gesê daar is meer verleiers as leiers:

  • 1Johannes 1:7 Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
  • 3.

    Die goeie nuus is dat mense nie alleen hoef te wees nie. Dis ook nie nodig om ’n fiktiewe afgod of held te skep nie.

    Die eerste Christene het iemand gehad. Hulle het die Seun, die Christus. Jesus wat deur die Gees teenwoordig is. Dis hierop dat ons teks fokus: Die geheim van Jesus se teenwoordigheid in ons lewens.

    Kom ons kyk na hoe dit in 1 Joh 2 beskryf word:

    24 Wat julle betref, wat julle van die begin af gehoor het, moet in julle bly. As wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.

    24 umeiv o hkousate ap archv en umin menetw ean en umin meinh o ap archv hkousate kai umeiv en tw uiw kai en tw patri meneite

    Die gemeente van Johannes word daaraan herinner om alles wat hulle van die begin, toe die goeie boodskap van Jesus aan hulle meegedeel is, moet onthou. Die hele verhaal, alles wat hulle gehoor het, moet in hulle bly. Dit moet so in hulle bly dat hulle dit nie vergeet nie. Nog meer: "in hulle bly" beteken nie net dat hulle dit moet onthou nie. Die woord vir bly het die betekenis van "vertoef" of "woon in." Hulle moet die Jesusverhaal in hulle laat woon, in hulle laat vertoef. Hulle moet dit koester, oorvertel, telkens her-beleef. Waar mense dit doen, gebeur iets. Hulle is nie meer alleen nie. Hulle ontdek dat hulle "ook in die Seun en in die Vader" bly.

    Indien die Jesusboodskap in hulle bly, en hulle in die Seun bly, gebeur daar iets wonderliks:

    25 En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe.

    25 kai auth estin h epaggelia hn autov ephggeilato hmin thn zwhn thn aiwnion

    Wie die Jesusboodskap in hom of laat vertoef, vind dat die belofte van ’n ewige lewe waar word. Die woorde "ewige lewe" kan nogal misleidend wees. Dit klink asof dit bloot ’n lewe is waarin ons eendag na ons dood, eendag in die toekoms, sal deel. Maar "ewige lewe" beteken eintlik "’n lewe van die eeue", meer presies uitgedruk: dis ’n lewe wat in die teken van die toekoms staan. Dit beteken niks anders as die ervaring van ’n nuwe lewe hier en nou nie. Die ewige lewe is ’n nuwe lewe saam met ’n nuwe teenwoordigheid in jou lewe: ’n lewe saam met die Seun en die Vader.

    Dis ook ’n lewe wat nie verspil word deur agter verleiers, valse leiers, antichriste aan te loop nie. Dis juis hoekom hierdie brief 1 Johannes geskryf is:

    26 Dit het ek aan julle geskrywe oor die mense wat vir julle wil mislei.

    26 tauta egraqa umin peri twn planwntwn umav

    27 Wat júlle egter betref, die Gees waarmee Hy julle gesalf het, bly in julle, en julle het niemand anders nodig om julle te leer nie. Sy Gees leer julle alles, en wat Hy julle leer, is die waarheid en geen leuen nie. Ja, soos Hy julle geleer het, moet julle in die Seun bly.

    27 kai umeiv to crisma o elabete ap autou menei en umin kai ou creian ecete ina tiv didaskh umav all wv to autou crisma didaskei umav peri pantwn kai alhyev estin kai ouk estin qeudov kai kaywv edidaxen umav menete en autw

    Hier verneem om nog baie meer oor die geheim van hoe Jesus in ons woon. As ons sy boodskap, voorbeeld, sy woorde en verhaal in ons harte koester, dit laat vertoef, dan kan ons ook sê dat die Heilige Gees in ons woon. Jesus woon in die gelowige deur die Gees. Dis ’n persoonlike teenwoordigheid. Jesus en die Gees is wel onsigbaar, maar nie onhoorbaar nie. Hy is ons Vriend, ons Raadsman, ons leier. Hy gee ons raad, praat met ons, lei ons in die waarheid. Wie Jesus het, het nie nodig om agter verleiers aan te gaan nie. Hulle het nie eens nodig om deur ander mense geleer te word nie. Nie eens deur predikante nie — want Jesus self, deur sy Gees, leer ons.

    Bly in dit wat jy gehoor het van die begin af; en Jesus bly in jou. Die volgende verse sê dit gee aan die gelowiges ’n ongekende vrymoedigheid.

    28 En nou, liewe kinders, julle moet in Hom bly, sodat ons almal niks te vrees sal hê wanneer Hy kom nie en by sy wederkoms nie beskaamd voor Hom sal staan nie.

    28 kai nun teknia menete en autw ina ean fanerwyh scwmen parrhsian kai mh aiscunywmen ap autou en th parousia autou

    Die woord vir "vrymoedigheid" wat hier gebruik word is moeilik om te vertaal, want dit beteken eintlik baie meer as net vrymoedigheid. Dit beteken om vry uit te kan sê wat jy dink ek voel. Dit beteken om met ’n nuwe selfvertroue en ’n nuwe selfbeeld te kan optree.

    Het jy die prentjie? Ons het nie hier te doen met ’n afgod wat onsself geskep het nie. Ook nie met ’n denkbeeldige alter ego nie. Ons het die konkrete oorlewering van ’n lewende Heiland, ’n lewende Verlosser. Van iemand wat werklik geleef het en deur die Gees in ons leef. As ons sy verhaal en lering in ons koester, dan is Hy met ons. Dit is die geheim: As ons dit wat ons gehoor het in ons laat bly, dan bly Jesus en sy Vader in ons. Ons in Hom, Hy in ons.

    Daar is al boekdele geskryf oor die uitdrukkings "in" en "met Jesus", of "Jesus in en met ons". Enigiemand wat die Johannese bronne lees, raak deurmekaar met die herhalings: "hy in ons", "ons in hom". In Paulus word dit uitgedruk deur die frases: "met Christus", "Christus met ons", "Christus in ons", "ons in Christus". Kom ons kyk na drie verse waarin dit na vore kom:

    Galasiërs 4:19 My kinders, ek verkeer van voor af weer in geboortepyne oor julle totdat Christus in julle gestalte kry.

    2 Korintiërs 11:10 Hierop is ek trots, en so seker as die waarheid van Christus in my is, sal niemand in die hele Agaje my dit ontneem nie.

    Romeine 8:10 Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak, hoewel die liggaam vir die dood bestem is as gevolg van die sonde.

    Is dit mistiek? Nie heeltemal nie. Dit is eerder verhoudingsterme. Dit het nie te doen met ’n samesmelting met die goddelike natuur nie. Dit het ook nie te doen met ’n intellektuele toeëiening van Christus se soenverdienste nie. Beide het elemente van waarheid, maar die oog van die naald, dit waardeur alles moet gaan, is die kwessie van ’n verhouding tussen mense en Jesus.

    4.

    Wat beteken dit vir ons vandag? Hoe kan ons dit prakties maak?

    Dit bring ons by die vraag: Leef Jesus in ons? Of laat ons liewer vra: Hoe leef Christus in ons?

    Kyk na baie Christene en ’n mens moet tot die gevolgtrekking kom dat Jesus afwesig is. Die ware Jesus is vergete — ten spyte van al die prentjies van hom, al die gepraat — waar is Hy? Al wat daar is, is ’n valse soort Christelikheid. Hulle het godsdiens en reëls, soms selfs heiliges soos Maria of Paulus, maar hulle het nie vir Jesus nie. Hulle het die kerk, maar Jesus is dood in hulle lewens.

    Sonder die geheim van Jesus wat in ons leef, kan ons onsself nie Christene noem nie. Al is ons hoe godsdienstig, al oefen ons onsself dat die bloed loop, dit sal ons niks help nie.

    Graaf Zinzendorf, vader van die Morawiese piëtisme, het gesê: Dit help nie dat Jesus ’n duisend maal in Betlehem in ’n krip gebore is as hy nie eenmaal ook in jou eie hart gebore word nie. Ons kan dit aanpas: Dit help nie om aan die opstanding te glo as die Opgestane Jesus nie ’n persoonlike teenwoordigheid in jou lewe word nie.

    Is dit nie die sin van die opstandingsgeloof nie? Dis dat Jesus lewe, nie op ’n ander planeet of in ’n veraf hemel nie, maar dat hy lewe te midde van die gelowiges, dat hy ’n persoonlike teenwoordigheid inneem in die lewens van mense.

    Ons leef in ’n harde wêreld waar ons beskerming nodig het om ’n geestelike lewe te kan leef. Sonder Jesus sal ons dit nie maak nie.

    Het jy Jesus in jou lewe? Is Hy jou vriend, raadgewer, vertroueling?

    Miskien vra jy: Hoe kan ek Jesus in my lewe hê? Johannes, wat die brief geskryf het, sê: Bly in dit wat jy gehoor het. Vertoef daarin. Woon daarin. Dan woon Jesus in jou.

    Ons het ’n fokus nodig. Om Jesus te hê, is om ’n duidelike beeld van hom in jou gedagtes te hê. Om met hom te leef, elke dag. Om saam met hom te leef. Om Hom te raadpleeg. Ons het hom in ons harte nodig. Sy woord moet in ons ore klink. Sy voorbeeld moet helder voor ons oë wees. Ons moet Hom helder voor oë hou, en hy moet sigbaar wees in ons geestesoë.

    Kom ons besluit om Hom opnuut in te nooi in ons lewens.

    Kom ons lees weer die evangelieverhaal asof dit die eerste keer is dat ons dit hoor. Kom ons vertel dit vir onsself en vir ander. Kom ons skep vingerwysings na hom in ons lewe — klein dingetjies wat ons elke dag aan Hom en sy teenwoordigheid sal herinner.

    As ’n mens ’n gevaar loop om iets belangriks te vergeet, dan so hulle: Maak ’n knoop in jou das. Maak ’n knoop in jou das om jou aan Jesus te herinner.

    Los orals spoortjies, boekmerkies, mementos, herinnerings aan Jesus.

    As ons doop: dink aan hoe Hy ons gereinig het deur sy bloed. As ons Nagmaal gebruik, kom ons dink aan hoe Hy homself vir ons gegee het.

    Vers 24 Wat julle betref, wat julle van die begin af gehoor het, moet in julle bly. As wat julle van die begin af gehoor het, in julle bly, sal julle ook in die Seun en in die Vader bly.

    Kom ons praat met Hom. Vra Hom wat Hy aanbeveel. Wat Hy sou gedoen het in ons plek?

    Dan sal ons met Hom lewe. Dan word ons met Hom beklee. Uiteindelik word ek soos hy, leef ek soos hy, tree ek op soos hy, en met dieselfde krag.

    Dan kry ons krag om te vergewe, om die regte ding te doen. Om radikaal, ironies en kreatief te lewe. In sy teenwoordigheid kry ons genoeg krag en wysheid om elke probleem aan te durf. Dan kan ons soos Paulus sê: "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."



    Kliek hierbo vir terugvoer of om e-pos adresse deur te gee

    Bladsy geskep op 14 Feb 2000 deur Bobby Loubser