Bio |
|
Réana is ’n gebore Namibiër en die jongste van drie dogters. Sy het tussen die musiek grootgeword. Ma Heletjé en pa Flip is albei gebore musikante, terwyl ousus
Nianell, op haar dae ook ’n Crescendo-finalis, ’n professionele musikant in Johannesburg is ... "en sy is regtig goed," sê iemand wat behoort te weet. Réana het skoolgegaan en gematrikuleer aan die Academica Hoërskool, en as buitemuurse aktwiteite het sy drama- en musiekkwalifikasies verwerf. Op sestien het die biblioteekjuffrou haar aangemoedig om vir Crescendo in te skryf. Met die derde probeerslag, toe sy agtien jaar oud was, het sy dié kompetisie gewen. Réana sê dat sy tot drie maande voor Crescendo gedroom het van roem in die sekulêre musiekwêreld, maar toe kom die boodskap dat sy moet getuig, want, het sy besef, ’n mens verloor jou vuur vir die Here as jy nie aktief vir Hom werk nie. "Jongmense (soos syself) jaag dikwels hulle destiny in plaas van hulle purpose na. Dit gaan nie oor die roem nie, maar oor die roeping." Sy onthou hoe sy blommetjies saam met ’n Bybelversie vir hartseer mense gegee het. Hulle reaksie is nét soveel - indien nie meer nie - werd as die applous van tagtig duisend mense, glo sy Oor haar loopbaan vorentoe twyfel sy nie - hoewel daar niks spesifiek voorlê nie, glo sy: "Die Here sal voltooi wat Hy begin het ..." Intussen is sy die een oomblik in Gauteng vir ’n massiewe konsert en dan weer in Kaapstad. |