Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

Saamskraap, Wegraap?

Hoeveel keer het ons nie al

gehoor van "die wegraping" nie?

Wat hou dit in?

Is dit werklik iets wat gaan gebeur?

Ek bedoel, gaan jy met jou vriende op 'n dag sit en gesels en hier raak van hulle net "weg"7 Of dit so sal gebeur weet nie een nie, maar dat daar 'n wegraping gaan wees, kan ek nie be-twis nie! Die beste beskrywing is seker die voorspelling wat ons in Sefanja kry.

Sefanja 1:2: "Saamskraap, wegraap sal Ek alles van die aardbodem af weg, spreek Jahweh."   Dit word verder bevestig deur Jeremia. Jeremia 8:13:

"Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek Jahweh." Wat nou?

Is ons wat in suike heftige argumente betrokke was met die "verligtes", wat glo dat hulle alles sal vryspring omdat hulle weggeraap sal word voor die verwoesting, altyd verkeerd?

Die meeste "verligtes" is gou om Paulus aan te haal uit I Thessaloni-cense 4:17.   Dit is egter totaal teenstrydig met die res van die Skrif as daar beweer word dat dit die is wat gered gaan word, wat weggeraap gaan word.

Die eerste aanduiding kry ons so vroeg as Exodus 9:31 en 32: "En die vlas en die gars was weggeslaan (weggeraap), want die gars was in die aar en die vlas in die knop." (32) "Maar die koring en die spelt was nie wegges­laan (weggeraap) nie, want hulle is later." Ons sien dat die vlas en die gars in die aar is. Dus gereed vir oes. Ook moet in ag geneem word dat gars en koring baie dieselfde lyk, maar nie dieselfde is nie. Kom ons vergelyk nou ook wat Jahshua gese het.

Mattheus 13:30: "Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers se: Maak eers die onkruid (vals graan) bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur." Die valse graan (onkruid) sal


eers verwyder word soos in Exodus en Mattheus gesien kan word. Is dit nie dalk waaroor die hele wegraping-idee gaan nie? Die "wegraap" is bedoel vir die goddeloses.

Sefanja 1:3: "Ek sal wegraap mense en die re, Ek sal wegraap die voels van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die godde-lose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek Jah­weh." Net so kan ook in Jeremia 8:13 gesien word dat die wingerd (Israel) en die vyeboom (Juda) geen vrugte dra nie, met ander woorde hulle is godde-loos en hulle sal "weggeraap" word. Lees ook Job 22:16.

Nog 'n interessante gedeelte kry ons in Lukas met die "Gelykenis van die ponde" - Lukas 19:21: "want ek was bang vir u, omdat u 'n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maal wat u nie gesaai het nie."

Ek kan geen profesie kry wat se dat Vader Sy getroue volgelinge gaan "wegraap" nie. Paulus se wel iets wat daarop neerkom, maar het ook nie heeltemal van "wegraap" gepraat nie.

Jahshua bid dan tot Vader die vol-gende woorde - Johannes 17:15: "Ek bid nie dat U hulle uit die wereld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar." Jahshua wil dus ook he dat ons op aarde biy en Hy wil eerder he dat ons van die Bose bewaar word. Dit kan mos nou beteken dat die Bose eerder uitgewis (weggeraap) gaan word.

Daar is nou die wat Mattheus 24:31 sal aanhaal:   Daar staan dat die "uitverkorenes versamel" sal word en kan   dus   beteken   hulle   gaan "weggeraap" word na 'n piek wat gereed gemaak is.

Dit is gedeeltelik reg.  Die uitverko­renes sal wel versamel word, maar van "wegraap" van uitverkorenes weet ek nie.

Ons moet ook in ag neem dat "wegraap" nie net is dat iemand in 'n


wolkie wegraak nie. Nee, om dood te maak, is ook "wegraap".

Die 144 000 van Openbaring gee ook aan party mense hoofbrekings met die wegraping.

Daar staan egter nie dat hulle "weggeraap" gaan word nie. Bloot dat hulle verseel sal word.

Openbaring 7:3: "Moenie die aarde of die see of die borne beskadig voordat ons die diensknegte van onse Elohim op hulle voorhoofde verseel het nie." Wat pragtig hierby aansluit is Esegiel 9:4 en 6: "Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak 'n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word." (6) "slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan nie-mand op wie die teken is nie." Dit alles pas dus in mekaar dat dit die goddelose is wat "weggeskraap" sal word en nie die uitverkorenes nie.

Die bewering van Paulus dat ons die Nuwe Jerusalem tegemoet gaan, pas nie vir my in as ek Openbaring lees nie.

Openbaring 21:2: "En ek, Johannes, bet die heilige stad, die nuwe Jerusalem, sien neerdaal van Elohim uit die hemel, toeberei soos 'n bruid wat vir haar man versier is." Dit sluit aan by Esegiel 40:2: "In gesigte van Elohim het Hy my in die land van Israel gebring en my neergesit op 'n baie hoe berg, en daarop iets wat soos 'n stad gebou was, teen die suide."

Hier word nie gepraat van 'n hemel nie. Die stad is op die berg. Ek weet nie of die berg sal rondsweef op 'n wolk nie? Dit staan egter nie daar nie.

Daar was wel individue wat na Vader "weggeruk" is. Elia is met 'n wa van vuur weggeneem.  Jahshua is met wolke weggeneem, maar sal weer na die aarde kom, om op die aarde te regeer, nie iewers anders nie.